Saturday 21 May 2011

Die geboorte van 'n hobby (en 'n Kombers)

Ek leer hekel.

Vir jare en jare het hekel vir my in dieselfde kategorie geval as toiletrolpoppies en tissuebox-houers...nie iets wat ek in my huis wil hê nie. Veral nie met daardie grillerige kleurkombinasies wat mens nog steeds kry nie! Maar toe kry ek vir my baba die mooiste gehekelde kombers by sy oumagrootjies en daar roer iets in my binneste.














(Dit wat swart lyk, is eintlik donkerblou).



En so hier en daar begin mens 'n mooi prentjie sien, en my sus begin hekel (en sy maak mooi goedjies), ag en toe koop ek maar 'n boek en vergeet summier vir amper drie jaar daarvan. Tot Sus my 'n link stuur en sê KYK na Attic 24...nou enigiemand wat in Blogland ronddwaal en haar DK van Aran onderskei, sal weet van Attic 24. Sowat van mooi! Skoon, helder, diep pastelle, en sy is besig om die wêreld rondom haar toe te hekel met komberse.
En op 'n goeie aand gryp ek my enigste hekelpen (was nog Ma s'n) en gryp die naaste bol wol en trek weg. O, ag, dit het my seker drie aande geneem net om basiese steke te maak, wat 'n gesukkel. Het hier gesit met boek op die keyboard, 'n demonstrasie oop op You Tube, en Sus op die lyn. So hekel ek dieselfde klein blokkie oor en oor, om nou die steek reg te kry. Maar my nie aandagspan is nie verniet dié van 'n eekhoring nie en ek besluit om live te gaan. Maak daar 'n foundation chain van hoeveel honderd steke en raak aan't double. (Treble?). Weet nie! Wat toe ek nou die dag weer mooi daaroor dink, sien ek dis eintlik so baster tussen 'n glipsteek en double, met 'n chain van nog 3 tussenin, maar ek gaan nou net so aan. Dit werk nog sover reg. Dit gaan net maande en maande neem om my kombers klaar te maak, want getrou aan my aard (en in teenstelling met die aandagspan), is my eerste projek van enigiets altyd GROOT. (Anders raak ek te gou verveeld).







(En hekelpen nr 1 was toe 'n 2.5 grootte, wat eintlik helemal te klein is vir die grootte kombers wat ek wil maak...)
(Nifty sakkie is van IKEA en was paar jaar lank pentie-houer, maar ek dink dit werk beter as hekel-houer ;-)

Nou moet ek net leer onderskei tussen US en UK hekelterme - want 'n double en treble verander sodra hul die Atlantiese Oseaan oorsteek. Ek nou al uit dure ondervinding geleer dat Rustica wol in verskillende diktes kom! (Nie geweet nie). En ek soek 'n Afrikaanse, of ten minste plaaslike blog. Want ek vind die een na die ander skitterendste blogs, maar hul almal is ver oor die water. En ek wil van wolle en winkels en dinge hiér weet. (En ek moet meer blog-wys word, want gaan nou vir die 3e keer post en hoop dit gaan live!)

Hier gaat ek.




Birth of a hobby (and a blanket)

I'm learning to crochet. For years I didn't like it at all, but changed my mind slowly after receiving this lovely Granny Square from my husband's granny...my sis alerted me to Attic 24..and then she started...and then I tarted! From a book, real slow, making lots of mistakes, and the promptly started with a giant project that is going to take years to finish - this Vintage Stripe Blanket/


Now I must learn the difference between US and UK terms, differents yarns..and try to find a local blog, 'cause I want to know about things HERE in RSA as well.

5 comments:

Gerlene said...

Nou toe! Alle sterkte! Ek's bly jy begin blog. Inspireer my met jou projekte, hoor!!

marianne said...

Beste Stel, ik kom uit Nederland, ik weet niet of jij mijn woorden kunt lezen, maar ik vind het afrikaans wel goed te begrijpen. Erg leuk om je blog te lezen! Succes met je granny stripes deken. Groetjes,

'kabeltrui' (from ravelry)

Stel said...

Dankie Marianne! Ek verstaan jou wel goed :-)

Happy in red said...

Hier ook een berichtje in het Nederlands! Ik heb ooit Afrikaan geleerd, maar ben het glad weer vergeten ;-) Supermooie granny deken heb je gemaakt. Ik ben er ook aan een bezig en die van mij krijgt ook donkerblauwe buitenranden. Supermooi.
Groetjes,
Esther (happyinred.blogspot.com)

Anonymous said...

Hallo Stel, ek is so bly om te hoor van nog 'n hekelsuster. Ek is nog altyd baie lief vir handwerk en dit maak my so bly om te sien watter mooi wol mens deesdae kan kry. Ek hekel self sig-sag serpe, hulle is woes bont en baie snoesig. Dis vreeslik lekker, ek kan nie ophou nie! Ek wens eintlik ek kan dit iewers verkoop kry want ek sal hulle nooit almal self kan dra nie...
Groete,
Likilappi